Laat U wil geskied.

 

In Handelinge 5:17-42 verkeer Petrus en die apostels by hom in 'n benarde posisie. Om uit hierdie lewensbedreigende situasie te kom, moet hulle Jesus net ontken en sê: 'Ons sal nie meer mense van Jesus leer nie'. Hulle doen dit nie, maar verklaar eerder: 'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!  So plaas hulle, te midde van die gevolge, hulle vertroue in God en Sy wil.

Deur die geskiedenis heen is daar verskeie mense wat in die voetspore van die apostels gevolg het. Mense wat te midde van hul eie veiligheid en lewens God se wil gekies het. Die Hervorming was 'n tydperk waar verskeie individue en groepe God gevolg het, op Hom vertrou het en hul aanvaarding en veiligheid opgegee het ter wille van gehoorsaamheid aan God se stem en wil.

Ons kom vandag ook voor besluite wat ons moet neem ten opsigte van ons huis, beroep, gemeente en verhoudings. Dit is moontlik nie lewensgevaarlik nie, maar dit word steeds gemaak op grond van God se wil, my wil of ander mense se wil. Wat kies ek en jy?

Mag ons elkeen God se wil volg en altyd die implikasies van ons keuses in ag neem.
              (Gedeeltelik erkenning Ds WJM Breytenbach)

Seënwense
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...