September is 'n spesiale maand.


 

September is 'n spesiale maand.  Dit is die begin van 'n nuwe seisoen. Regoor moederaarde impliseer dit verandering en vernuwing. In ons Gemeente is hierdie September ook 'n tyd van verandering, vernuwing en vorentoe beweeg.
 

Wanneer ons as gelowiges vorentoe beweeg, is dit altyd belangrik om te beplan en te doen in oorleg met God. Abraham het geleef met die oog op God se belofte (Genesis 12-25). Moses het gewag op God se instruksie om die volk uit Egipte te lei (Eksodus 5-12). Gideon het getrou gesoek en geluister na God se plan (Rigters 6-8). Paulus het daadwerklik verandering geleef en gebring deur van vervolger na skrywer te groei en daagliks God se wil te verkondig en te leef.
 

Sondag is ons eerste erediens in September.  Sondag is ook Loughton se eerste erediens by ons nuwe 'venue' – die Loughton Baptiste Kerk, 92 High Road, Loughton, IG10 4QU, om 9 uur. Sondag is die eerste erediens van die nuwe fase van ons Gemeente se reis saam met God.

 

Elke individu, ouer, kind en gesin is in 'n verhouding met die lewende God. Sondae is 'n nuwe geleentheid om te nader tot jou Here...om te bely, te hoor en te sien wat Sy Liefde beteken.

 

Mag hierdie September se eredienste vir jou lewe vernuwing en verandering bring.

 

Mag jy saam met Joshua belei: "Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien." (Josua 24:15)

 

Aan God al die eer! Sien jou Sondag,

 

Andre

 

 

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...