Oppas vir daardie drie groot "Y's"



Oppas vir daardie drie groot "Y's"

Waar jy bly
Wat jy ry
Wat jy kry
 

Ry, bly en kry = ly!
Miljoene mense hier op moederaarde ly 24 uur per dag vir dit wat hulle ry, dit wat hulle kry en daar waar hulle bly. Van vroeg tot laat sloof hulle hulleself af vir aardse besittings. Hulle jaag van die een dag na die ander om nog geld te kry, want hulle glo daardie leuen dat nog meer besittings gelyk is aan groter geluk. Hoor hier, dit is eenvoudig nie waar nie. Dan sou almal wat al die regte goed op hulle naam het mos super-gelukkige mense gewees het.
 
Geestelike armoede en bankrotskap teister egter vele se lewens wat sulke leefstyle aanhang. Dit is die dood in die pot om heeltyd agter blydinge, rydinge en krydinge aan te leef. Wanneer jy 'n "lang-y" slaaf is, is jy nooit tevrede of gelukkig nie. Hou dadelik op hiermee.
 
Doen wat Jesus in Matteus 6:33 voorstel vir 'n gelukkige lewe: "Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee."
 
Mag jy in hierdie nuwe skooljaar uit die regte staanspoor begin.

                                                                                              deur Stephan Joubert 
Seën wense, 
Andrè 

 

 

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...