Gebedsfiks.

 

Hoe raak ek gebedsfiks? Hoe kry ek dit reg om sonder ophou te bid, soos wat Paulus in 1 Tessalonisense skryf? Hoe bid ek ook sonder om in geykte woorde en frases vas te val?  Wel, daar’s geen resep vir “regte” gebede nie. Maar daar is wel vaste beginsels. 
 
Gebed is altyd gesprek met die lewende God. Gebed is om in Jesus se naam met Hom te praat. 
 
Nee, dit is nie in die eerste plek vraag-en-antwoordsessies nie. Ek bid nie net as ek iets op die hart het, of iets van God wil hê nie. 
Ek bid om Hom te verheerlik. Ek bid om sy Naam groot te maak. Ek bid want ek geniet God se teenwoordigheid. Daarom kan ek partykeer net woordloos en stil in sy teenwoordigheid wees. 
 
Gebed gebeur ook in die regte lewe. Ek bid agter my motor se stuurwiel; terwyl ek toustaan, maar ook wanneer ek doelbewus gebedstye opsy sit. So oefen ek lewenslank om reg te bid. 
 
Mag jy in hierdie vakansietyd gebedsfiks word!
 
Met erkenning aan Stephan Joubert
 
Seënwense,
Andrè.


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...