Reformasie 500


Die doel van Luther se kerkhervormde optrede was om die Evangelie weer in sy oorspronklik suiwerheid te herstel en om die Kerk aan die eise van die Woord van God te herinner. Luther se gedagtes het aanklank gevind by verskeie mense en groepe. Dit was alhoewel nooit Luther se intensie om hom los te maak van die Kerk nie, want hy wou alleen die Roomse misbruike afwys en die Kerk hervorm en herstel.
 
Die hervormings gedagtes het oorgespoel na die praktyk van godsdiensoefeninge.  So is die nagmaal en Woord in Duits bedien; sommige priester het nou in die huwelik getree, monnike en nonne het die kloosters verlaat omdat hulle hul geloftes as on-Bybels beskou het. Verder is die kerkgeboue ook 'gesuiwer' van al die Roomse beelde en versierings, met die nuwe klem op die 'eenvoudige-evangeliese' wyse.
 
Teen 1527 het die Lutherse Kerk bestaansreg gekry in Swede, Denemarke en Noorweë.  In Duitsland het Karel V die hervormers met geweld probeer onderdruk. In 1529 het die hervormde vorste in Duitsland 'n formele protes by die Keiser ingedien omdat hy hulle gewetensvryheid wou onderdruk. As gevolg van hierdie protes het ondersteuners van die hervorming die naam Protestante gekry. Karel het verskeie belydenisse en versoeke geminag, tot en met die Protestante se Schamaldiese Verbond, waarin hul verklaar het dat hulle bereid en gereed was om hul geloof met die wapen te verdedig. Dit het tot 'n wapenstilstand gelei en die Protestante in Duitsland is toegelaat om hervormd te bly. So het die Reformasie en die effek daarvan deur die res van die wêreld versprei.
 
(Algemene Kerkgeskiedenis – Met erkenning aan Prof Dr AD Pont)

 

 

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...