GELOOFS WIPPLANK.

            

1 Konings 15:3-5
Abia het dieselfde sondes as sy pa gedoen, en hy was nie so getrou aan die Here as sy voorvader Dawid nie. Dit is ter wille van Dawid dat die Here sy God aan hom 'n nakomeling gegee het om in Jerusalem te regeer en die stad in stand te hou. Dit was omdat Dawid gedoen het wat reg is in die oë van die Here, en sy lewe lank nooit die opdragte van die Here verontagsaam het nie, behalwe in die geval van Urija die Hetiet.

Dit is asof die Here se pad met die volk Israel vergelyk kan word met ‘n wipplankryery: dan is daar hoogtepunte; dan weer laagtepunte. Dan geloof; dan ongeloof.  Dit is ‘n bekende tema in die Ou Testament vanaf Abraham, deur Moses, deur die hele volk Israel tot en met Petrus en ander gelowiges in die Nuwe Testament. So straf God in trou dan ook Israel se ongehoorsaamheid en laat Hy hulle wegvoer in ballingskap. Tog luister God weer na hul hulp geroep en gee Hy aan hulle, en ons, ‘n nuwe begin in Jesus Christus.

Ons geloof ry ook soms wipplank – dan geloof, dan kleingeloof. Wanneer ons geloof ‘n laagtepunt bereik, ervaar ons die sinloosheid en gebrokenheid van die lewe. Wanneer ons Jesus ken en terugkeer na Hom, dan ontdek en beleef ons telkenS weer die hoop en wonderlike heling van ‘n lewende verhouding met God. Jesus waarborg dat ons elke dag weer die regte koers kan inslaan: terug na God, na geloof, na gehoorsaamheid en die Here se wil.

Mag ons voortdurend naby aan die Here leef, in geloof, want Hy is naby ons.

                                                                                          (Met gedeeltelike erkenning aan Dr GJ Malan)
                     
Seënwense,
Andrè.


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...