Geloofs wipplank


1 Konings 15:3-5

 

Abia het dieselfde sondes as sy pa gedoen, en hy was nie so getrou aan die Here as sy voorvader Dawid nie. Dit is ter wille van Dawid dat die Here sy God aan hom 'n nakomeling gegee het, om in Jerusalem te regeer en die stad in stand te hou. Dit was omdat Dawid gedoen het wat reg is in die oë van die Here, en sy lewe lank nooit die opdragte van die Here verontagsaam het nie, behalwe in die geval van Urija die Hetiet.

Dit is asof die Here se pad met die volk Israel vergelyk kan word met 'n wipplankryery: dan is daar hoogtepunte; dan weer laagtepunte. Dan geloof; dan ongeloof.  Dit is 'n bekende tema in die Ou Testament vanaf Abraham, deur Moses, deur die hele volk Israel tot en met Petrus en ander gelowiges in die Nuwe Testament. So straf God in trou dan ook Israel se ongehoorsaamheid en laat Hy hulle wegvoer in ballingskap. Tog luister God weer na hul hulp geroep en gee Hy aan hulle, en ons, 'n nuwe begin in Jesus Christus.
 

Ons geloof ry ook soms wipplank – dan geloof, dan kleingeloof. Wanneer ons geloof 'n laagtepunt bereik, ervaar ons die sinloosheid en gebrokenheid van die lewe. Wanneer ons Jesus ken en terugkeer na Hom, ontdek en beleef ons telkens weer die hoop en wonderlike heling van 'n lewende verhouding met God. Jesus waarborg dat ons elke dag weer die regte koers kan inslaan: terug na God, na geloof, na gehoorsaamheid en die Here se wil.

 

Mag ons voortdurend naby aan die Here leef, in geloof, want Hy is naby ons.

 

Seëngroete, Andrè.

 

(Met gedeeltelike erkenning aan Dr GJ Malan)

 

 

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...