Herder, Vader, Koning.

            

Herder, Vader, Koning en Gasheer is name wat in die Woord gebruik word om God te beskryf. In die moderne dag waarin ons leef, is van hierdie beskrywings moelik om te verstaan en te verduidelik. Dit laat die vraag: Hoe verstaan en beskryf jy God?

Psalm 23 sê: "Die Here is my Herder…U laat my by ‘n feesmaal aansit terwyl my vyande moet kyk! " ‘n Herder sou enige iets doen om sy kudde te versorg, beskerm en veilig te hou – hy was ‘n vader vir sy kudde. ‘n Koning as die afgevaardigde van sy mense, was die leier wat homself en almal rondom hom moes beskerm. Wanneer ‘n koning as gasheer opgetree het, was die mense aan sy tafel onder sy sorg en sou niemand dit waag om hulle aan te raak nie.

God het Sy Seun gestuur om ons te kom nooi om aan Sy Koningstafel aan te sit. Die bose magte en problematiek van die lewe probeer ons van die tafel af weglok, maar onsmoet onthou – God is ons Gasheer – niks kan ons skade aandoen by Hom nie! Hy het aan die kruis, as ons Herder, reeds alles gedoen om ons te beskerm. Hy het en doen alles, wat ‘n goeie ouer sal doen.

Wanneer ons in die nuus en in persoonlike omstandighede hoor van swaar en seer en dood, kan ons nie anders as om te bid: 
Dankie dat U my Vader is
Dankie dat U my Herder is wat my lei en beskerm en oorweldig met U liefde
Dankie dat U my Gasheer is en ek aan U tafel my kan versadig aan U genade
U is my Koning! Ek wil U dien.
Ken asseblief my hele lewe my God – rig, versterk en bestuur my lewe tot U eer.
Amen
 

Seëngroete,

Andrè.


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...