Wat gebeur?
             

Vanoggend het ons wakker geword na ‘n dag waar die stemme van Brittanje weereens onvoorspelbaar uitgedraai het – nou het ons ‘n ‘hung parliament’ – en wonder ons wat die toekoms inhou.  Die brande  tussen Knysna en Plettenbergbaai het mense se lewens geeïs en ongerekende skade aangebring. Die storm in die Kaap het gewoed en verwoesting gesaai en ook verskeie lewens geeïs.  Verlede Saterdag het ekstreme individue mense op London Bridge vermoor en het die euwel terrorisme weereens, soos verskeie ander kere hierdie jaar, ‘n merk van angs, hartseer en bekommernis gelaat.  Verlede jaar is ‘n ma en haar 4 jarige stom-outistiese seuntjie dood gevind op hulle huis se vloer – sy is dood agv ‘n epileptiese aanval en hy het in die daarop volgende twee weke in haar arms gesterf van die honger.  

Wat is besig om te gebeur in ons wêreld?  Watter inpak gaan dit op ons toekoms hê? Hoe moet ons hieroor dink?  En watter rol speel God hierin?

Ons bely God se almag, wil en genade.  Ons glo in Jesus se redding en vrymaking.  Ons vertrou in die Heilige Gees se bystand, troos en versterking.  Die boustene van Johannes 17:14-15 sê:  Christene is in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie.  As gelowige Christene is ons hoop en sekerheid nie in die dinge en sake van die wêreld nie, maar in God.  God is ons toekoms.  Dit is ook wat Joshua bely in Joshua 24:15: Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.  

In die aangesig van onsekerheid, probleme, rampe, hartseer en selfs die dood kan ons en moet ons na God draai. Hy is ons hoop.  Hy is ons versekering.  Hy is versorger, versterker en vertrooster.  As ons in Hom glo en aan Hom vashou – Sy woord dag en nag oordink en na Sy wil soek – sal ons weet:  God is ons toekoms! 
 

Seëngroete,

Andrè.


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...