Gebed en Hemelvaart
             

 Baie geseënde Hemelvaartsdag! Hemelvaart is sekerlik die aspoestertjie van al ons kerklike feesdae, omdat dié kerklike/Christelike feesdag nie meer 'n openbare vakansiedag is nie. Tweedens is baie gelowiges nie werklik seker waaroor die hemelvaart van Jesus gaan nie. In Johannes 14 verduidelik Jesus sy weggaan (hemelvaart) aan sy dissipels wat dit ook nie lekker verstaan het nie.

Jesus sê daar is drie redes hoekom Hy weggaan: 

Een: Jesus het gekom en gesterf met ‘n doel – om ons sondes te kom vergeef en die graf te oorwin. Hy gaan ook nou weg met ‘n doel – om vir ons plek voor te berei om by die Vader te wees.

Twee: Die liefde van Christus vir die sondaarmens is daarin geleë dat Hy vir ons die weg, waarheid en die lewe is (Joh 14:6). Om dit anders te stel: Slegs wanneer 'n mens in en deur die liefde lewe, het jy gemeenskap met God, en toegang tot die ewige lewe. Omdat Hy die dissipels, en ons, liefhet, gaan Hy na die Vader toe om te sorg dat ons eendag in volle gemeenskap met God sal kan lewe.

Drie: Jesus moes weggaan, sodat Hy eendag kan terugkom en ons saam met Hom kan gaan. Met Sy hemelvaart is Hy na die Vader en tree Hy vir ons elkeen in. Wanneer ons in Sy naam bid en vra, lê Hy dit voor die Vader, sodat ons gebede by die Vader kan uitkom.

Jesus se hemelvaart is ‘n belofte en verwagting. ‘n Belofte van Sy koms en ons hereniging met Hom en die Vader. ‘n Verwagting om nader aan Jesus te groei en meer soos Hy te leef, omdat ons weet Hy berei vir ons plek. Dit impliseer dan ook ‘n opdrag: God moet meer en weer gestalte vind in hierdie wêreld – sy liefde moet geleef word – deur jou en my.

Mag jy God se liefde gaan uitleef in Jesus se voetspore en vashou aan sy wederkoms belofte, want Hy het jou plek gaan voorberei.

Seëngroete,

Andrè.


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...