GEBED


Gebed is hoe ons ons lewens aan God verwoord. Gebed is 'n integrale deel van elke gelowige se lewe. Abraham het gelowig gebid voor God (Gen 18:16-33); Jesus het vir ons gebid (Joh 17); en 'ons bid gedurig vir julle' is die woorde wat Paulus in die Nuwe Testament aan die gemeentes verkondig.
Paulus het geweet dat ons die wapenrusting van God benodig vir beskerming en die Woord van God vir inspirasie sodat ons '
altyd kan aanhou bid' (Efe 6:18). Die bloed van Jesus Christus het ons kom deelmaak van die Koninkryk van God; Jesus het God se plan en doel vir jou lewe, jou familie, jou vriende, ons nasie en ons wêreld kom bekend maak. Gebed is ons deelname aan hierdie verhouding met God die Almagtige.
 
Verlede week het jy hopelik 'n sms ontvang vanaf SA Gemeente, met 'n link na 'n Gemeente spesifieke vraelys. Ek wil vra dat jy asb die volgende sal doen:
- Die Gemeente en hierdie vraelys in gebed opdra; dat die Heilige Gees die leierskap van die gemeente sal lei; dat God ons Gemeente sal toerus om Sy lig en sout te wees in hierdie wêreld.
- Indien jy nog nie die vraelys ingevul het nie, dit asseblief vir ons sal doen.
 

Prayer doesn't change things - God changes things in answer to prayer.

Unless we fix certain hours in the day for prayer, it easily slips from our memory. - John Calvin

 
Seëngroete,
Andrè.

 

 

 

 

 

 


 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...