Ek is Nuut

 


Baie welkom!

 
In SAG Noordwyk is ons roeping om ‘n geestelike tuiste te wees vir reisigers van God. Of jy nou nuut is in Noordwyk, en of jy nou al vir jare lank hier bly, ons hoop ons kan al jou vrae beantwoord oor wie en wat ons is, en waarin ons glo. Hieronder is 'n paar sleutelpunte wat jou kan help daarmee, en indien jy nog enige ander vrae het, kontak ons gerus direk deur ons Kontak Ons bladsy.
 

Wanneer & waar is ons eredienste?


Ons hou elke tweede en vierde Sondag van die maand diens om 9.00am by die Theydon Bois Village Hall. Die naaste stasie is Thydon Bois stasie op die Central (rooi) Line. 

Ons byeenkomste is in die Theydon Bois Village Hall en die adres is:

Theydon Bois Village Hall
Coppice Row
Theydon Bois
Essex
CM16 7ER

 

Wat kan ek verwag as ek daar aankom?


Met jou aankoms by die Village Hall, sal ons Verwelkoming Span jou hartlik welkom heet en presies vir jou verduidelik hoe en waar om te gaan. Hulle sal ook gereed wees om enige vrae wat jy het te beantwoord.
Ons Gasvryheid Span staan reg by die koffietafel om jou te bedien met koffie of tee voor die diens begin. Daar is versnapperinge na die diens om die ergste honger te stil.
In die erediens kom ons saam om God te loof, prys en dien. Ons doen dit as individue, gesinne en familie. Ons doen dit met ons hart, mond, hande, voete, krag, verstand en dank- en diensoffers.
Meeste eredienste word deur Andre, ons predikant, gelei. Die eerste deel van die erediens wy ons aan 'praise & worship' (lekker gesamentlike lofsang). Dan word die kinders bedien met ‘n storie en kinderliedjie waarna hulle na hul Kinderkerk klassies gaan. As gemeente gaan ons voort om te nader voor God, waarna ons saam tyd spandeer rondom Bybel. Deur die prediking poog ons om tot ‘n dieper en meer intense begrip te kom van God se Woord vir ons lewens.
Na die prediking dien ons God met ons offergawes en ‘n lied in antwoord op die prediking. Laastens word ons gegroet met die Seën en sing ons mekaar ‘n seënwens toe.


Die gewoonte is dat die mans help om al die stoele weer op te pak en weg te bêre om plek te maak vir kuier na die tyd. Koffie, tee en toebroodjies sal dan bedien word waartydens ons dan lekker saamkuier en die kinders lekker saam speel. 
 

Is daar 'n spesifieke 'dresscode'?


Glad nie!!! Wees net jouself en dra die klere waarin jy gemaklik voel.
 

Is daar enige kinderdiens fasiliteite?


Definitief! Ons bied iets vir kinders van alle ouderdomme.
Ons verskaf 'n moederskamer vir kinders 0-2jr. waar ouers en hulle kleintjies steeds na die preek kan luister.
Kleuterkerk (Bybelbekkies) vir 2-4 jariges (Pa en/of Ma moet asb hul kind vergesel daarheen) waar God se liefde op ’n kleuter vlak aan die kinders gewys word.
Kinderkerk 5-12jr. is ons besigste groep. Hulle verdeel in verskeie groepe en behandel die uitgewerkte Sondagskool materiaal in Afrikaans of Engels.
Senior Sondagskool word aangebied vir die ouer 13+ jarige kinders. Dit vind plaas voor die erediens en werk heen na geloofsbelydenis wanneer die kinders reg sou wees daarvoor.Vra gerus vir ons Verwelkoming Span vir meer inligting hieroor wanneer jy by die gebou aankom, of gaan loer na ons Kids Bediening bladsy.

Die veiligheid van ons kinders is ons eerste prioriteit, en daarom word alle oppassers op ons Kids Bediening ge-CRB check. Click hier vir meer inligting daaroor.
 

Kan ek Engels-sprekende vriende saamnooi?


Inderdaad! Al ons dienste is wel in Afrikaans, maar ons het 'n Vertaling Span wat die hele diens vertaal na Engels. So Engels-sprekende gaste kan by die deure oorfone optel waarmee hulle dan die diens in Engels kan luister. Ons poog ook om 50% Afrikaans, en 50% Engelse liedjies te sing tydens 'praise & worship' om almal te bedien.
 

Sal ek by die kerk moet aansluit?


Geensins!!

Voel vry om net te sit en waar te neem. Jy kan soveel deelneem soos wat dit vir jou gemaklik voel.