| | | | | | |
Oor pannekoeke en Aswoensdag
Matteus 4
1 “Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. 2 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. 3 Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” 4 Maar Hy antwoord:
“Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. ”
Gister het ons pannekoekdag ondersteun; nie dat ons enige verskoning nodig het om pannekoek te bak nie. Pannekoekdag is egter meer as net pannekoek eet, maar is die laaste feesgeleentheid voor Lydenstyd wat begin met Aswoensdag. Aswoensdag kry sy naam van die as (gewoonlik verbrande palmtakke) wat gebruik word om ‘n kruis te maak op die voorkoppe van Christene. Die kruis herinner ons aan die lyding wat Jesus gehad het. Tydens lydenstyd het Christene die gebruik om iets wat hulle gewoonlik eet op te gee. Dit wat ons opgee herinner ons aan die 40 dae wat Jesus gevas het in die woestyn voor hy met Sy bediening begin het. As jy dan besluit om iets op te gee (bv. koffie, suiker, brood ens.) gaan daar tye kom wat jy weer daarvoor lus gaan kry. In daardie tye dink ons aan Jesus se baie groter opoffering vir ons.
Groete en seën.
Christo Benade
Vorige Briewe
| Onrus in Engeland | | As leraars van die SA Gemeente het ons bewus geword dat die onrus van die afgelope paar dae die lewens van baie mense in Engeland ingrypend ontwrig en getraumatiseer het.
More ...
| |
|
| |
|
|
|
| | | | |
| | | Tuesday 22 May | | 19:00 | | Selleier opleiding @ Theydon Bois |
| | | Friday 8 June
- Sunday 10 June | | | DANKFEES @ Hop Farm, Kent |
|
|
|
|
|